Die SA-korfbaltoernooi het onlangs plaasgevind. Die volgende spelers van Hoërskool Strand is in verskeie spanne opgeneem:
• Mev Lorraine Verwey is in die SA A-korfbalspan opgeneem
• Tara Venter, Minke Barnard (oud-leerder) en Bianca van Deventer, is in die SA 0.20-korfbalspan opgeneem
• Leané van Deventer is in die SA-uitnodigingspan opgeneem
• Corné Wessels is in die 0.20 Mans SA-korfbalspan opgeneem
Voor vlnr: Leané van Deventer en Tara Venter
Agter vlnr: Bianca van Deventer, mev. Lorraine Verwey en Corné Wessels.