Christiaan Genade (14) in graad 9A5 is deur Lapa gevra om as jong beïnvloeder (“influencer”) boeke vir Lapa en Klaskameraad te resenseer.
Nadine Petrick van Lapa verduidelik: “Die Bosvarke is akademies sterk en hulle leerders is uitnemend op verskeie gebiede. Christiaan Genade is een van die skool se staatmakers en ons het hom gevra om sy liefde vir lees met ander leerders te deel.”
Kyk gerus wat hy sê oor Perseus van Maritha Snyman: https://fb.watch/6pLcdxa999/ Een gelukkige Bosvark kan ook ‘n kopie van dié boek wen deur Klaskameraad se instagram-blad te “like”.
So, waarvoor wag jy?
#lapa#ekleeslapa#klaskameraad#trotsebosvark
Foto verskaf