Arno Schaake, gr.8-leerder van Hoërskool Strand, het op 20 Junie in die Paarl aan die vierde van ses rondtes van die Western Cape Motor Cycle Trials* deelgeneem.
Hy het in die intermediêre klas gery en het ‘n tweede plek met 71 punte behaal. (Hy het net 3 punte vir ‘n eerste plek benodig.) Arno is nog ‘n junior, maar doen baie goed tussen die mans en hy mik vir eerste plek in die volgende rondte. Soos sy punte nou staan, behoort hy te kwalifiseer in die top 20 om aan die nasionale kampioenskap deel te neem.
Die Suid-Afrikaanse kampioenskap vind op 25 en 26 September in die Paarl en Grabouw plaas.
*Motorcycle trials, also termed observed trials, are a non-speed event on specialized motorcycles. Trial is a sport of balance, skill and concentration. It is the ability of the rider to negotiate obstacles within each section without putting a foot down. One at a time, competitors will ride over an obstacle course of huge rocks, streams, hill climbs, logs, drop offs, and nearly anything else they can find.An observer monitors the rider through the section and scores each rider for points.
Photos supplied