Worcester Gimnasium is geweldig trots op Juanita McPherson wat aangewys is as een van SARIE se Top-10 Nuwe Gesig-kompetisie. Dit is n splinternuwe kompetisie van SARIE en dit is ‘n groot eer om deel te wees van die heel eerste Top-10. Juanita is ‘n Graad 12-leerder en ons wens haar baie sterkte en voorspoed toe vir die finale. “Ons weet met jou sprankelende persoonlikheid en pragtige glimlag sal jy die Bosvarke se naam hoog hou.”
Wenners word in die September-uitgawe van SARIE aangekondig.