





Oranje se erekode lees as volg:
1. Ons is leerders van ’n Christelike en Nasionale Afrikaanse skool. Ons hou die tradisies van ons volk in ere.
2. Ons is te alle tye lojaal aan ons skool en ons maats.
3. Ons is oral en altyd beleef teenoor almal.
4. Ons woord is ons eer en ons strewe daarna om eerlik te wees in ons werk en wandel.
5. Ons doel is om Wysheid en Kennis te bekom, sodat ons ons God en ons medemens op die beste wyse kan dien.
Ons leuse is: VOORUIT
Oranje het ’n uitstekende akademiese rekord
Die skool het in 2019 die beste in die Vrystaat in die vakke Engels eerste addisionele taal, Afrikaans huistaal en Duits tweede addisionele taal presteer en die naasbeste in Wiskunde.
Oranje het op een na in al sy vakke in die top 10 in die provinsie geëindig.
Oranje presteer die beste in die Motheo-distrik in die vakke Rekeningkunde, Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal en Wiskunde.
Nege leerders (Benita Schoonwinkel, Elize Hoffman, Mandie de Wet, Monique Davidson, Gabriela von Eschwege, Talitha Heyns, Marizanne Strydom, Lize de Wet en Mia Pretorius) eindig in die top 50 in die Vrystaat (dis die meeste deur enige skool).
Sewe leerders (Talita Robbertse, Mia Moolman, Marizanne Strydom, Gabriela von Eschwege, Lise Bezuidenhoudt, Talitha Heyns en Lize de Wet) behaal 8 onderskeidings. Dis meer as enige ander skool in die Vrystaat. Slegs 15 leerders in die provinsie kon agt of meer onderskeidings vermag
Become a Sponsor








