Witteberg bemarker. Soos wat ‘n nuwe seisoen aanbreek, het ‘n nuwe seisoen ook vir Hoërskool Witteberg, in Bethlehem se bemarker aangebreek.
Mnr. Gustav Dreyer, Witteberg bemarker en skakelbeampte van die skool verhuis eersdaags na Pretoria waar hy die pos van bemarker by Hoërskool Wonderboom gaan bekleë.
Gustav was die afgelope 8 jaar verbonde aan Witteberg en het homself bewys as ‘n dinamiese personeellid met ‘n groot liefde vir sy alma mater. Sy kundigheid op die vlak van skeppende werk en die tegniese aspekte van skolebemarking gaan veral gemis word.
As oudskolier, vriend en kollega gaan sy danspassies en positiewe geaardheid gemis word.
Hoërskool Witteberg wens hom net die beste toe met sy nuwe lewenspad.
Hoërskool Wonderboom gaan met hom aan boord, vele suksesverhale skryf.
Lees meer oor Hoërskool Witteberg:
https://www.witteberghs.co.za/
Become a Sponsor








