USSA Hokkie-Toernooi. Agt gewese hokkiespelers van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, speel nou vir universiteite en het in die USSA Hokkie-Toernooi gespeel. Oud-Oranjes was volop by vanjaar se Universiteit Sport Suid-Afrika (USSA) -toernooi in Johannesburg. Daar was agt van hulle in aksie.
Vir die Kovsies het Simoné Gouws (matrikuleer in 2017), Saré Laubscher (2018), Bianca Terblanche (2020), Andrea Bakkes (2017) en Antonet Louw (2014) gespeel. Die span het vierde geëindig in die toernooi. Matilé Prinsloo (2020) en Jacolene McLaren (2018) was in die NWU-span wat derde klaar gemaak het. Mikkela le Roux (2020) het vir die Maties, die naaswenner, uitgedraf.
Saré, Antonet en Mikkela het in hul matriekjaar Oranje se eerste span aangevoer.
Hokkie is by Oranje ’n sportsoort met groot diepte en is een van die skool se fakkeldraer-sportsoorte met die eerstespan wat nou al etlike jare as die land se beste eerstehokkiespan gereken word. Vyf spelers – Megan-Lee Myburgh, Ané Janse van Vuuren, Tuané van der Westhuizen, Nicóle le Roux en Leané McLaren – is vanjaar vir die Vrystaatse o.21-hokkiespan gekies.
Meer oor Oranje: