Werwingsbeampte en nuwe borge. Hoërskool Witteberg in Bethlehem verwelkom mev. Corné Loubser vanaf 1 Oktober 2021 in die pos van Werwingsbeampte en borge.
Mev. Loubser is bekend in die Bethlehemkringe. Sy is ‘n uiters dinamiese individu en was die afgelope aantal jare verbonde aan Capitec-bank, waar sy as rekeningbestuurder gewerk het. Haar mensekennis, positiewe ingesteldheid en opregtheid gaan van groot waarde wees tot die veld van Werwingsbeampte en nuwe borge in die onderwysomgewing.
Daar word met opgewondenheid uitgesien na haar betrokkenheid by die skool en die nuwe bande wat gebou gaan word. Hoërskool Witteberg is bevoorreg dat iemand van haar kwaliteit by hulle personeelkorps gaan aansluit.
Hoërskool Witteberg vertrou dat haar lewensreis op hul jeugland geseënd gaan wees.
Lees meer oor Hoërskool Witteberg: