Williston Jeugskou. Die Williston Jeugskou het deelnemers van heinde en ver gelok. ‘n Totaal van 120 deelnemers van Williston, Fraserburg, Loxton, Carnarvon, Kakamas, Upington, Clanwilliam en omgewing het aan die Williston Jeugskou deelgeneem.
Die beoordelaars was Thinus le Roux, Hernus le Roux, Bennie Nortjé, Thinus van Schalkwyk en Adri de Klerk. Keith Coetzee, die president van Williston-landbouskou, is die organiseerder.
Augsburg Landbougimnasium se presteerders:
- In die junior melkbokkategorie het Xandi du Plessis eerste plek behaal, Nicola Visser 2de plek en Anzel van der Hoven die derde plek.
- Die senior vleisskaapkategorie was Danie Krafft die wenner, Johan Krafft 2de en Otto Laubscher 3de. Adri de Klerk was die item se beoordelaar.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf