Motheo/Xhariep Atletiek byeenkoms. Op Vrydag, 23 Februarie, het 59 van Grey Kollege Primêr se atlete gekwalifiseer vir deelname aan die Motheo/Xhariep Atletiek byeenkoms.
Tydens die byeenkoms was daar ook vyf nuwe rekords deur die Grey-manne opgestel. Die nuwe rekords staan agter die volgende name:
- Benjamin Coetzee: o.10 – in die 80m.
- Reuben Smit: o.13 stel twee nuwe rekords op. In die 80m hekkies sowel as in die 200m hekkies.
- Caleb Josephs: o.13 – in die 80m hekkies.
- Wian Bredenkamp, o.13 in spiesgooi.
Grey Kollege het weggestap met die volgende trofeë:
- Trofee vir die beste onder 8 atleet
- Trofee vir die beste onder 9 atleet
- Trofee vir die beste onder 11 atleet
- Trofee vir die beste onder 13 atleet.
- Trofee vir die beste prestasies in die ouderdomsgroepe onder 8 tot onder 13.
Die individuele pryse het aan die volgende atlete gegaan:
- Beste veldatleet van die byeenkoms: Wian Bredenkamp vir sy prestasie in die diskusgooi. Hy het 876 punte op die APE tabel verdien met sy afstand van 43.53m.
- Beste baanatleet van die byeenkoms het gegaan aan Reuben Smit, onder 13 met sy pragtyd van 11.16s in die 80m hekkies. Hy het 972 punte verdien volgens die APE tabel.
- 32 Atlete van Grey Kollege het gekwalifiseer om aan die Vrystaatbyeenkoms volgende week in Sasolburg deel te neem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegeprimary.com/
Foto’s verskaf