Western Mounted Games. Mignon Thomas en Mieke du Plooy is leerders van Hoërskool Witteberg, Bethlehem. Hulle het die naweek van 25 en 26 Junie aan die Vrystaat qualifiers deelgeneem. Viljoenskroon het as gasheer opgetree. Die twee Wittebergers het weggestap met die volgende prestasies:
Qualifier 5: Mignon eindig vierde in Junior vlak 4 met Hawk Wing. Mieke is die kampioen in die Junior vlak 3 met Zilla. Met Fire Blaise het sy elfde geëindig.
Qualifier 6: Mignon is die kampioen in die Junior vlak 4 met Hawk Wing. Mieke het derde geëindig met Fire Blaise en 5de met Zilla.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf