SA Skole Rugby. Hoërskool Monument, Krugersdorp, se SA Skole rugby spelers, S’Fiso Mgwaza (Sa Skole) en Ulrich van der Westhuizen (SA Skole A),het hul groen en goud baadjies ontvang.
Dit is vir Monnas ‘n groot voorreg om julle te ondersteun vir alle sukses vorentoe. Sterkte ook vir jul wedstryd teen mekaar die komende Saterdag om 12:30 by Hamilton Rugby Klub.
Jan Botes, wat ook gekies was vir SA skole A span, het in die laaste wedstryd harsingskudding opgedoen en kon ongelukkig nie saam op die oefenkamp gaan nie. Monnas vertrou dat hy dalk vorentoe weer in aanmerking sal kom. Jan, jy is yster!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf