Mozzieweek Krieket. Die uitslae tussen Potchefstroom Volkskool vs Jeppe High School; Hoërskool Waterkloof vs Hoërskool Nelspruit; Hoërskool Menlopark vs Potchefstroom Gimnasium; Centurion High School vs Bishops College; Midstream College vs Uplands College.
Potchefstroom Volkskool vs Jeppe High School: Volkies teken 228 vir 3 aan na 54 beurte. C. Prinsloo behaal 121 en L. Schuld 100 lopies. Jeppe gaan die telling verby in die 42ste beurt vir slegs twee paaltjies. J. Marshall van Jeppe neem twee paaltjies in 6 beurte en staan slegs 28 lopies af.
Hoërskool Waterkloof vs Hoërskool Nelspruit: Waterkloof het 274 vir 6 aangeteken na 44.4 boulbeurte. Die Nellies kon slegs 95 aanteken en met die opvolg kolfbeurt 72 vir 5 paaltjies in 22.4 beurte. Waterkloof wen met 107 lopies. Baie geluk aan Christiaan du Toit met sy skitterende kolfbeurt van 66 lopies en Tristan Luus wat 3/21 na 7 beurte neem.
Hoërskool Menlopark vs Potch Gimnasium: Potch Gim het eerste gekolf en kon slegs 112 lopies aanteken. Met die opvolg kolfbeurt teken hulle 62 vir 5 paaltjies aan. Gimmies se Martin van Enselen teken die meeste lopies (40) vir sy span aan. Menlo se Marcus de Agular het 3 paaltjies vir slegs 2 lopies in 6 beurte geneem. Menlo wen met ‘n beurt en 12 lopies.
Hoërskool Centurion vs Bishops College: Centurion benut die kolfbeurt en teken 297 lopies aan. R. Pieterse behaal 82 lopies en D. van Tonder 65. Bishops se Tiaan Louw het 5 paaltjies vir 24 lopies in 8 beurte geneem. Die wedstryd eindig onbeslis met Bishops wat 285 lopies aanteken vir 9 paatjies. Kashief Joseph behaal 110 lopies.
Midstream College vs Uplands College. Midstream se Rhynardt Henning teken 102 lopies nie uit nie aan. Met uitstekende boulwerk neem hy ook 4 paaltjies vir slegs 36 lopies. Midstream teken 216 lopies aan vir 10 paaltjies in 44 beurte. Die Laeveldse span het hul tyd geneem en in 65 beurte teken hulle 224 lopies aan.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf