Weskus Hengel. Daniël du Toit, leerder van Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam, hengel die afgelope 2 jaar vir Langebaan Hengelklub.
Hy neem aan die Weskus-streek se liga deel teen ander klubs. Daniël hengel gereeld by plekke soos Soverby, Langebaan, Dwarskersbos en Spreeuwalle. Hy neem ook jaarliks deel aan ‘n weg-kompetisie wat gewoonlik in Struisbaai plaasvind. Hy is ook gekies om in die Weskus Hengel-streek se 0/21-span te hengel in Januarie 2023. Die hengelaars kan tydens hierdie byeenkoms kwalifiseer vir die Protea 0/21-hengelspan.
Die kompetisie word volgende jaar in die Weskus se waters aangebied en dit strek oor drie dae. Daar word van 8 uur soggens tot 4 uur in die middae gehengel.
West Coast Fishing. Daniël du Toit, learner of Augsburg Agricultural Gymnasium in Clanwilliam, has been fishing for Langebaan Angling Club for the past 2 years.
He also competes in the West Coast region’s league against other clubs. Daniel regularly fishes at places such as Soverby, Langebaan, Dwarskersbos and Spreeuwalle. He also participates annually in an away competition that usually takes place in Struisbaai. He was also selected to fish in the West Coast Angling Region’s U21 team in January 2023. The anglers can qualify for the Protea U21 fishing team during this event.
The competition will be held in West Coast waters next year and it spans over three days. There is fishing from 8 o’clock in the morning to 4 o’clock in the afternoons.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf