Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se eerste netbalspan is as wenners gekroon by die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks!
Voortrekker se eerste netbalspan neem tydens die jaarlikse derby teen Hoërskool Witteberg deel en stel weereens nie teleur nie. Die eerste kwart stuit die skitterende verdedigende spel van Sipho Msimanga (V) behoorlik vir Witteberg se doele.Eerste kwart telling n.a.v. die eerste kwart is 11-8 in Voortrekker se guns. Die tweede kwart se skitterende spanwerk van Voortrekker sorg dat die telling opstoot na 23-16. Derde kwarttelling is 35-26, maar die laaste kwart word oorheers deur Voortrekker. Chloë Opperman, hoofdoel van Voortrekker, was uitstaande en word aangewys as speler van die wedstryd.
Die eindtelling, 51-36, vir Voortrekker, was in alle opsigte ‘n spanpoging en Voortrekker beïndruk keer op keer met hul skitterende spanspel.
Voortrekker se netbalspanne het hul staal gewys deur sewe wedstryde te wen. Veral die A-spanne se vertonings beïndruk baie. Voortrekker slaag daarin om 15A, 16A, 17A en 19A se wen.
Netbaltellings teen Witteberg:
- 14A verloor 8-20
- 14B verloor 8-23
- 14C verloor 9-13
- 14D verloor 4-6
- 15A wen 20-18
- 15B verloor 13-29
- 15C verloor 9-12
- 16A wen 29-22
- 16B wen 17-16
- 17A wen 23-19
- 19E wen 15-11
- 19D verloor 6-22
- 19C verloor 17-22
- 19B wen 24-17
- 19A wen 51- 36
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










