Wes-Kaapse Boerbokklub. Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam, het vanaf 26 tot 27 Mei `n junior boerbokkursus aangebied. Die kursus is aangebied in samewerking met die Wes-Kaapse Boerbokklub.
Dit was een van die grootste junior boerbokkursusse tot dusver bekend, wat deur hierdie twee instansies aangebied is. Die graad 10 Landboubestuurspraktyke-leerders woon dit verpligtend by. Dit vorm deel van hulle praktiese opleiding.
Bokboere van die publiek het ook die kursus bygewoon. Van die boere het van plekke so ver as Beaufort-Wes en Kaapstad af gekom om meer van die boerbok se rasstandaarde en fenotipiese beoordeling te leer. Beoordeling was gedoen op uitstekende boerbok-genetika. Diere van Tekoa Boerbokstoet, Biedouw Boerbokstoet, sowel as Augburg se eie boerbokstoetooie is gebruik as kursusmateriaal.
Mnre Joubert van der Merwe en Andries Volgraaf het die junior-kursus aangebied. Augsburg Landbougimnasium stel sekere kursusse en inligtingsessies ook oop vir plaaslike boere. Die doel daarvan is om ‘n diens aan die gemeenskap te lewer en die beste boerdery praktyke en opleiding te bevorder.
Augburg hou duimvas dat almal die kursus met ‘n bokspring sal slaag!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf