)

Wes-Kaapse Boerbokklub – Augsburg junior boerbokkursus

Wes-Kaapse Boerbokklub. Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam, het vanaf 26 tot 27 Mei `n junior boerbokkursus aangebied. Die kursus is aangebied in samewerking met die Wes-Kaapse Boerbokklub.

Dit was een van die grootste junior boerbokkursusse tot dusver bekend, wat deur hierdie twee instansies aangebied is. Die graad 10 Landboubestuurspraktyke-leerders woon dit verpligtend by. Dit vorm deel van hulle praktiese opleiding.

Bokboere van die publiek het ook die kursus bygewoon. Van die boere het van plekke so ver as Beaufort-Wes en Kaapstad af gekom om meer van die boerbok se rasstandaarde en fenotipiese beoordeling te leer. Beoordeling was gedoen op uitstekende boerbok-genetika. Diere van Tekoa Boerbokstoet, Biedouw Boerbokstoet, sowel as Augburg se eie boerbokstoetooie is gebruik as kursusmateriaal.

Mnre Joubert van der Merwe en Andries Volgraaf het die junior-kursus aangebied. Augsburg Landbougimnasium stel sekere kursusse en inligtingsessies ook oop vir plaaslike boere. Die doel daarvan is om ‘n diens aan die gemeenskap te lewer en die beste boerdery praktyke en opleiding te bevorder.

Augburg hou duimvas dat almal die kursus met ‘n bokspring sal slaag!

Julle moet notas maak!
Ag, hy’s te pragtig!
My naam is..Boerbok
En hoe lyk ek vir julle?

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://augsburggim.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal