Wêreld Boekedag 2025. Primêre Skool Fichardtpark se leerders en onderwysers het Wêreld Boekedag 2025 soos hul gunsteling boekkarakters aangetrek – van superhelde tot sprokiesfigure. Groot pret was aan die orde van die dag!
Daar is heeldag gelees, gelag en gedeel, want boeke vat jou na plekke waar jy nog nooit was nie! Boeke is vensters na ander wêrelde en vriende. En weet jy wat? Die BibLEEUteek het die beste boeke om van te kies en te keur!




Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








