Well Done Function. Die Departement van Onderwys het die afgelope week sy Well Done Function aangebied. Elf onderwysers van Hoërskool Witteberg in Bethlehem is by die Well Done Function vereer vir hulle prestasies in hul onderskeie vakke. Die onderwysers wat toekennings ontvang het, is me. Selbie Swart, Me. Ann-Marie de Jongh, me. Karin Barnard, me. Olga du Toit, me. Lindi Rheeder, me. Tarien Steinberg, mnr. Andre Pottas, mnr. Mike Visser, mnr. Hannes Oosthuizen, me. Sumare Pieterse en me. Louise Nel.
Hoërskool Witteberg het die volgende toekennigs ontvang:
– Tweede beste Stedelike akademiese skool (naas Vrede Hoërskool).
– Nommer een Wiskunde en Fisiese Wetenskap skool in die Vrystaat.
– Top toekenning vir Inklusiewe Onderwys
Die volgende vakke ontvang toekennings vir die prestasie van Top 3 in die distrik.
Afrikaans, Wiskunde, Fisiese Wetenskap – English Home Language, Verbruikerstudies, Lewenswetenskap, Rekeningkunde en IGO
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf