Groentjieskonsert. Hoërskool Ermelo se jaarlikse Groentjieskonsert is ‘n eeu-oue tradisie. Dit sorg jaar-na-jaar vir groot opwinding, strawwe kompetisie en komiese vermaak. Die 2022 konsert was geen uitsondering nie. Die dag het oudergewoonte begin met die Graad 11-dirigente se aankoms. Nelstehuis se “FBI”-tema het die oggend afgeskop. Dit is gevolg deur die manne van Huis Veltman met hul “Money Heist”-tema. Dit was egter die Dorpies wat monde laat oophang het. Hulle het die verbeelding aangegryp met hul “Steampunk”-tema. Die leerders het daarna die geleentheid gehad om vir die eerste keer in drie jaar ‘n optog te hou en hul gees deur die strate van Ermelo ten toon te stel.
Climax of any Groentjies Day
The climax of any Groentjies Day is the concert. The Grade 12 learners of each one of the Houses (Dorpshuis, Huis Veltman & Nelsthuis) had eight days to write an original story. They also had to build decor, design costumes and direct their grade 8s into a unique concert. Each year the houses receive different themes. This year’s characters were based on the animation,Toy Story (Woody, Buzz Light-year and Slinky Dog). The Errie value themes for the year were hard work and Errie heart. Each concert should also include a news bulletin and an advertisement. The instruction given to learners included that this year’s advertisement should link with 2022’s grade 8 theme – From Seed-to-Sapling!
Elke huis het hul uitstekend van hul taak gekwyt en ‘n Groentjieskonsert van hoogstaande gehalte op die planke gebring.
Die uitslae was as volg:
- Beste Dirigente – Dorpshuis
- Beste Hulpdirigente – Nelstehuis
- Beste Huisdans – Nelstehuis
- Beste Tema-uitbeelding – NelstehuisBeste Advertensie – Huis Veltman
- Beste Kostuums – Nelstehuis
- Beste Dekor – Huis Veltman
- Beste Groentjiesdans – Nelstehuis
- Beste Humor in Storie – Huis Veltman
- Beste Nuusberig – Nelstehuis
- Beste Storieverteller – Joshua du Toit (Huis Veltman)
- Beste Akteur – Ruan Ludwig (Huis Veltman)
- Beste Aktrise – An-Euné van Niekerk (Nelstehuis)
- Beste gebruik van Verrassings-element – Huis Veltman
- Meriete Toekenning – Clarissa Nel & Elané Nel (Dorpshuis)
- Beste Konsert – Huis Veltman
- Algehele Wenners – Huis Veltman
Baie geluk aan elke leerder wat ‘n deel gehad het aan sy/haar huis se Groentjieskonsert. Die Erries het hierdie jaar weereens getoon dat alles wat hulle doen, eenvoudig wêreldklas is!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf