Karate – Hanré Dreyer is ‘n leerder van Primêre Skool Truida Kestell in Bethlehem. Hy het die naweek van 4 en 5 Maart aan die KSA deelneem. Karate Suid-Afrika (KSA) het hul jaarlikse Suid Afrikaanse Alle Style Nasionale Kampioenskappe in Tongaat, Kwa Zulu Natal gehou.
Vier Karatekas van Bethlehem Karate, was deel van die Vrystaatspan. Hulle het die Vrystaat verteenwoordig in verskillende afdelings.
Hanré Dreyer het besonder goed gevaar in sy afdelings en die volgende prestasie behaal: Brons in Kumite vir Seuns 12-13 jaar en 55+kg.
Baie geluk Hanré.
Truidjies is baie trots op jou!!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
#truidjietrots
Foto verskaf