Wear Art. Hoërskool Outeniqua se 2022 Wear art vertoning het vir groot opwinding gesorg. Hierdie uitstalling van die werk van Outeniqua se jong ontwerpers kon die afgelope twee jaar nie aangebied word nie weens COVID-19.
Die 150 ontwerpers van graad 10 tot graad 12 se werk is deur 210 modelle vertoon. Daar word ure se beplanning deur sketse en eksperimentering met materiale spandeer voordat die produk vervaardig word.
Die Wear art uitstalling maak deel uit van die ontwerpleerders se jaarpunte.
Deel van die program was die Kwagga Dansakademie se “street dance” item. Wonderlike sang deur Lujah Diederichs en Monique Pretorius en die baie diep en interessante klanke van die skool eie beatboxer, Donovan Lummis.
Twee professionele, pragtige vertonings met uitstekende ontwerpe, is gehou ten spyte van die beurtkrag. Vir almal wat dit bygewoon het was dit ‘n ongelooflike ervaring!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf