Oranje Netbal. Die 1ste netbalspan van Hoër Meisieskool het die Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria Saterdag in Pretoria vir die eerste keer in elf jaar met 31-26 geklop. Oranje Netbal was ná die 1ste kwart met 5-12 agter. Hulle het die 2de kwart met 11-2 gewen (rustyd 16-14). Oranje het daarna nooit weer die voorsprong prysgegee vir ‘n roemryke sege nie. Die eerste hokkiespan het met 2-0 geseëvier en die eerste tennisspan met 6-1.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za