Marlow Rugby. Marlow Landbouskool van Cradock het Saterdag, 21 Mei, met elf rugbyspanne teen Framesby gespeel op Marlow se velde. Die Wolramme se spanne speel in al die wedstryde met oorgawe. Marlow rugby het nege van die wedstryde gewen.
Marlow se drie 0/14-spanne het al hul wedstryde gewen. Hierdie groep spelers speel elke keer met baie passie en kan met reg trots wees op al drie wedstryde wat gewen is.
Marlow se 0/15A-span het met vurige spel hul teenstanders geklop en het ‘n spog-oorwinning behaal. Marlow se vaste fasette was puik en hul genadelose spel het gemaak dat Framesby geen antwoorde gehad het nie.
Die Wolramme se 0/16A-span het in die doodsnikke vir Framesby geklop met ‘n skepdoel. Hierdie Wolramspan het vir meeste van die wedstryd agter geloop maar het met mening teruggeveg. Hulle het gesorg vir ‘n puik oorwinning.
Die hoofwedstryd is gekenmerk deur Marlow wat ‘n sterk Framesby span stukkend gespeel het. Die Wolramme se vaste fasette was briljant. Marlow se pak voorspelers het as ‘n eenheid saamgespeel. Framesby kon glad nie hul ritme in die kragmeting kry nie. Marlow se verdediging was genadeloos en kliphard. Marlow se agterlyn het ook gereeld gevaarlik gelyk en kon ‘n paar keer agter die doellyn gaan kuier. Voldoende afronding het dit egter nie moontlik gemaak nie. Marlow wen die wedstryd 22 – 3.
Marlow se ander spanne het soos volg presteer:
- 2de span verloor 13-14
- 3de span wen 19-7
- 4de span wen 54-5
- 5de span wen 39-0
- 6de span wen teen JA Calata se 1ste span 43-7
- 0/16A span wen 15-13
- 0/15A span wen 15-7
- 0/15B verloor 5-20
- 0/14A span wen 13-12
- 0/14B span wen 13-0
- 0/14C span wen 21-5
Willie Meyer veld
Marlow Landbouskool se Willie Meyer veld het in die afgelope maand baie aandag gekry, deurdat daar raaigras ingeplant is. Mnre Vincent Keogh (Limagrain Zaad SA) en Josef Labuschagne (Omnia) het die insiatief geneem om die raaigras in te plant. Jaarliks met die Karoo koue, kry die rugbyvelde baie ryp. Hierdie inisiatief word opreg deur Marlow Landbouskool waardeer. Ons glo dat die hoofveld tydens die winter mooi gaan vertoon. Dankie ook vir die kunsmis wat mnre Labuschagne en Keogh laat inwerk het. Marlow se Willie Meyerveld vertoon tans baie mooi en die skool is opgewonde hieroor.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf