Foto: Tamia Stanczyk
Tamia Stanczyk, gr. 8 in Hoërskool Waterkloof, het onlangs aan kykNET se “Dans in jou Taal” se solo-afdeling deelgeneem. Sy het na verskeie uitdunrondtes, waar sy ook as wenner van twee episodes aangewys is, na die finale rondte op 14 Julie deurgedring. In die senior afdeling (14 tot 25 jaar) was Tamia die algehele/nasionale wenner van die akrobatiese afdeling van hierdie seisoen se kompetisie. dit is ‘n besondere prestasie as die jongste deelnemer in die senior afdeling.
Klofies is sommer baie trots op hierdie jong Klofie!
Meer oor Hoërskool Waterkloof:
https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/pretoria/
KlofieTrots is die amptelike ondersteunersklub van die skool waarvan die mandaat deur die Beheerliggaam ondersteun word. Hulle ondersteun alle skoolaktiwiteite.
Tee en koffie word tydens tuisbyeenkomste aan ouers bedien. Hulle hanteer ook die verhuring van die lapa en klubhuis aan die publiek. Hannelie kan in dié verband geskakel word by 012 347 7707.
KlofieTrotsdrag is by die winkel langs die sportburo op die skoolterrein beskikbaar. Om te verseker dat ondersteuners altyd ‘n goeie beeld van die skool uitdra, word enkele riglyne neergelê wat klublede moet respekteer.
Doelstelling: Om te verseker dat ondersteuners te alle tye ‘n goeie beeld van Hoërskool Waterkloof uitdra, omdat ondersteuners ‘n belangrike skakel tussen deelnemers, die skool en die publiek is.