)

Die Wilgers presteer in 2021 Wiskunde Olimpiade

Foto bo: Zerwick de Lange, Graad 12A (links) en Dijan Nelson, Graad 11D (regs)

Schools that Rock berig oor die 2021 Wiskunde Olimpiade

Hoƫrskool Die Wilgers is vir byna 20 jaar ononderbroke deel van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade.

Die Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade is die grootste wiskundekompetisie in die land. In 2017 het meer as 100 000 leerders daaraan deelgeneem.

Die eerste rondte word elke jaar in Maart geskryf. Leerders wat meer as 50% van die vrae in die eerste rondte korrek beantwoord kwalifiseer vir die tweede rondte in Mei.

V.l.n.r: Waldo Scheepers, Graad 8A , Adriaan Jacobs Graad 8D, Ryan Erasmus, Graad 8D
Jana Pienaar, Graad 8D (links) en Lourens Roelofze, Graad 8D (regs)

Waldo Scheepers, Ryan Erasmus, Adriaan Jacobs, Lourens Roeloffse en Jana Pienaar in graad 8 het hierdie jaar deurgedring na die tweede rondte van die juniorkompetisie. Ons sien met verwagting uit na wat hierdie juniors nog in Wiskunde gaan bereik by Hoƫrskool Die Wilgers.

Marike Pauw, Graad 11D (links) en Matthew Olivier, Graad 11D (regs)

Die seniorafdeling se vrae handel oor graad 11 en graad 12 se werk. Ons drie graad 11’s, Matthew Oliver, Marike Pauw, Dijan Nelson en Zerwick De Lange wat deurgedring het na die tweede rondte, het dus ā€˜n besondere prestasie behaal. Zerwick de Lange het vir die tweede jaar in ā€˜n ry na die derde rondte van hierde massiewe kompetisie deurgedring.

In die junior- en seniorafdelings gaan slegs die beste 100 leerders in rondte 2 deur na die finale rondte. Hierdie vrae word sonder ā€˜n sakrekenaar tot die derde desimale syfer beantwoord.

Op 28 Julie 2021 word die finale rondte besleg.

Ons hou baie styf duim vas vir jou, Zerwick.

Wilgie-wiskunde is baie trots op Zerwick se prestasie!

Lees meer oor Hoƫrskool Die Wilgers

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

https://www.hswilgers.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal