Foto bo: Zerwick de Lange, Graad 12A (links) en Dijan Nelson, Graad 11D (regs)
Schools that Rock berig oor die 2021 Wiskunde Olimpiade
Hoërskool Die Wilgers is vir byna 20 jaar ononderbroke deel van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade.
Die Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade is die grootste wiskundekompetisie in die land. In 2017 het meer as 100 000 leerders daaraan deelgeneem.
Die eerste rondte word elke jaar in Maart geskryf. Leerders wat meer as 50% van die vrae in die eerste rondte korrek beantwoord kwalifiseer vir die tweede rondte in Mei.
Waldo Scheepers, Ryan Erasmus, Adriaan Jacobs, Lourens Roeloffse en Jana Pienaar in graad 8 het hierdie jaar deurgedring na die tweede rondte van die juniorkompetisie. Ons sien met verwagting uit na wat hierdie juniors nog in Wiskunde gaan bereik by Hoërskool Die Wilgers.
Die seniorafdeling se vrae handel oor graad 11 en graad 12 se werk. Ons drie graad 11’s, Matthew Oliver, Marike Pauw, Dijan Nelson en Zerwick De Lange wat deurgedring het na die tweede rondte, het dus ‘n besondere prestasie behaal. Zerwick de Lange het vir die tweede jaar in ‘n ry na die derde rondte van hierde massiewe kompetisie deurgedring.
In die junior- en seniorafdelings gaan slegs die beste 100 leerders in rondte 2 deur na die finale rondte. Hierdie vrae word sonder ‘n sakrekenaar tot die derde desimale syfer beantwoord.
Op 28 Julie 2021 word die finale rondte besleg.
Ons hou baie styf duim vas vir jou, Zerwick.
Wilgie-wiskunde is baie trots op Zerwick se prestasie!
Lees meer oor Hoërskool Die Wilgers
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/