Waarnemende Adjunkhoof – Dit is vir Hoërskool Sentraal ’n groot voorreg om aan te kondig dat mnr Jorrie Grobler aangestel is as die waarnemende adjunkhoof van Hoërskool Sentraal.
Mnr Grobler bring ’n rykdom van ervaring, toewyding en leierskap na hierdie posisie. Sy passie vir onderwys en sy verbintenis tot die ontwikkeling van elke leerder maak hom ’n waardevolle aanwins vir die skool se bestuurspan.
Hoërskool Sentraal sien uit na die positiewe bydrae wat mnr Jorrie Grobler in die nuwe pos gaan maak.
Alle vertrou word in hom gestel dat sy leiding en visie Hoërskool Sentraal verder sal versterk.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








