‘Vyf’ skitter op verhoog – Hoër Meisieskool Oranje se toneelproduksie ‘Vyf’ het geskitter op die ATKV verhoog. Hulle het nie net die verhoog verower nie, maar ook die beoordelaars se harte by die ATKV-Tienertoneel streeksfees. Uit ’n kompetisie van 31 deelnemende produksies het ‘Vyf’ as die ster van die fees op die verhoog geskitter. Hulle het uitgestyg en verskeie toekennings ingepalm. Dit is ’n bewys van die skool se uitmuntende drama-afdeling.
Toekennings wat ‘Vyf’ verower het:
- Beste Produksie
- Beste Ensemble
- Beste regisseur: Lynmari Brink en Chanmari Erasmus
- Beste Aktrise: Caitlin Erasmus
Cum Laude Erkennings vir ‘Vyf’
- Ensemble spel: Miné Truter, Kayla Hogewind, Danaé du Plessis, Miana Fourie en Caitlin Erasmus
- Spel: Caitlin Erasmus
Goudtoekennings:
- Produksie: ‘Vyf’
- Spel: Miana Fourie, Danaé du Plessis, Miné Truter en Kayla Hogewind
- Teks: Chanmari Erasmus
- Regie: Chanmari Erasmus en Lynmari Brink
- Verhoogbestuurder: Mila Barrat
- Klankoperateur: Abigail Dicks
- Beligtingsoperateur: Kaylin Maartens
Hierdie prestasies getuig van die harde werk, kreatiwiteit en samewerking wat in elke aspek van die produksie ingegaan het, van teks en regie tot tegniese uitvoering.
Nog ’n blink lig: Tussen die kollig en die krake
Die leerderproduksie Tussen die kollig en die krake het ook ’n silwertoekenning verwerf en het twee goue toekennings aan Miné Truter besorg vir haar uitstaande werk as beligtingsontwerper en -operateur.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








