Op Saterdag, 1 Junie, het HoĆ«rskool Ermelo kragte gemeet teen HoĆ«rskool Rob Ferreira. Al die EHS-spanne het die septer geswaai tydens die dag se hokkiewedstryde. Die Erries kon Saterdag spog met 55 doele in hul guns en nie ān enkele doel teen EHS nie.
Die uitslae getuig van uitstekende spel.
Hoƫrskool Ermelo wens graag elke span geluk met hul pragtige tellings:
Die o/14A-span wen 15 ā 0,
die o/15A-span wen 21 ā 0,
die o/16A-span wen 4 ā 0,
EHS se tweedespan wen 10 ā 0 en die
HoĆ«rskool Ermelo Calstar eerste dogtershokkiespan wen 5 ā 0.
Bogenoemde was die laaste ligawedstryde vir die seisoen. Baie geluk aan die o/14-, o/15-, o/16A-spanne sowel as die tweedespan wat as ligawenners aangewys is.
Hoƫrskool Ermelo se Calstar eerste dogtershokkiespan word aangewys as liga-naaswenners.
EHS sien uit om te sien wat die A-spanne gaan bereik tydens die Mpumalanga uitspele wat na die vakansie gaan plaasvind.
Die tweedespan neem komende naweek deel aan Mpumalanga se kwarteindrondte.
Baie sterkte, dogters!
HoĆ«rskool Ermelo is besonder trots op ān ieder en ān elk van julle.
Foto bo:Ā SimonĆ© Ferreira