Lienka Botes, ‘n gr. 2 leerder van Laerskool Stulting in Humansdorp, het onlangs aan die Eastern Cape Canoe Marathon Champs deelgeneem, wat by die Kromrivier in St. Francisbaai gehou is. Sy het ‘n algeheel tweede plek in die o/8 junior afdeling behaal en eerste in die o/8 meisies afdeling van die 2km Guppy Race.
Welgedaan, Lienka!