Vrystaatkampioenskappe – Hoërskool Sentraal het tydens die Vrystaatkampioenskappe 2026 weer bewys dat hulle ’n krag is om mee rekening te hou. Met ’n kombinasie van vasberadenheid, talent en spanpoging het die skool onder die Top 5-skole geëindig. Dit is ’n prestasie wat trots en geesdrif deur die hele Sentraal-gemeenskap laat weerklink.
Sentraal se atlete het tydens die Vrystaatkampioenskappe 2026 die baan en veld laat skitter. Van verspring tot hekkies, spiesgooi en aflos het die atletieksterre 13 goue medaljes ingepalm.
Die atlete wat 13 goue medaljes verower het, is die volgende atlete:
- Mieke Strydom (verspring)
- Anje de Kock (90m- en 300m-hekkies)
- Huibré Goosen (100m-hekkies)
- Anneen Posthumus (spiesgooi)
- Mienka de Kock (100m-hekkies, 400m-hekkies en 400m)
- Theuns du Bruyn (spiesgooi)
- WM Pretorius (diskus)
- Jayden Parkin (100m en 110m-hekkies)
Atlete wat 9 silwer medaljes verower het is :
- Janel Verster (3000m)
- Hailey White (300m-hekkies)
- Mieke Strydom (200m)
- Johanise Matthews (driesprong)
- Marli Jacobs (gewigstoot en diskus)
- Su-Hesri van Zyl (hamergooi)
- Simon de Witt (300m-hekkies)
- WM Pretorius (gewigstoot)
Sportsterre wat 5 Brons medaljes verower het is:
- Lienka Kruger (driesprong)
- Hailey White (400m)
- Ryan Coetzee (spiesgooi)
- Ettiene Möller (verspring en spiesgooi)
Top 50-prestasies:
Benewens die medaljes, het Sentraal-atlete ook hul plek in die Top 50 verseker:
- Jayden Parkin – 4de plek in die 110m-hekkies
- Anje de Kock – 42ste plek in die 90m-hekkies
’n Skool vol trots
Met soveel medaljes en topplasings is dit duidelik dat Sentraal se atlete nie net talentvol is nie, maar ook harde werk en toewyding toon. Die prestasies dra by tot ’n trotse tradisie van uitnemendheid en spanwerk.
Hoërskool Sentraal kan met reg sê dat hulle die kampioene is!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








