Vrystaat Skool Vaardigheidskompetisie. Ses leerders en een onderwyser van Hoërskool Witteberg, Bethlehem, het Saterdag, 3 Augustus, deelgeneem aan die Vrystaat Skool Vaardigheidskompetisie. Die kompetisie is deur die Vrystaatse Departement van Onderwys georganiseer.
Witteberg het aan twee afdelings deelgeneem: Sweiswerk en IGO.
In die sweisafdeling vir leerders het Wian Schutte die eerste plek behaal, terwyl Mnr Janco Els die tweede plek in die onderwysers-afdeling verwerf het. In die IGO-afdeling vir leerders het Hugh Enslin eerste geëindig.
Hulle het ook deurgedring na die volgende rondte wat op 17 Augustus in Bloemfontein plaasvind.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








