Vrystaat Skole Gimnastiek. Fichies-gimnaste tuimel na hoër hoogtes. Drie leerders van Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, Schalk Botes, Lanché Prinsloo en Miguel Ribeiro, het die laaste maand verskeie prestasies in gimnastiek behaal.
Die Vrystaat Trampolien- en Tuimelkompetisie het mees onlangs plaasgevind.
Schalk Botes (Vlak 6, 13-14 jaar): Twee goue medaljes
Lanché Prinsloo (Vlak 4, 13-14 jaar): Twee goue medaljes
Miguel Ribeiro (Vlak 5, 13-14 jaar): Twee goue medaljes
Al drie leerders is deur na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat in Oktober in Pretoria plaasvind.
Baie geluk. Fichies is baie trots op julle!
Lees meer oor Fichies: