Hoofleiers Naudéville. Primêre Skool Naudéville in Welkom se graad 7’s is almal op die leerderraad om hul meer oor leiers-eienskappe te leer.
Elke kwartaal het die skool ses raadsvoorsitters verkies. Uit al die raadsvoorsitters word daar dan in die vierde kwartaal ‘n hoof- en onderhoofseun en hoof- en onderhoofdogter gekies deur die graad 7 onderwysers en graad 7 leeerders.
Baie geluk aan die vier leiers!
Onderhoofdogter: Daneske du Toit
Hoofdogter: Juliette Schoeman
Hoofseun: Janco Ferreira
Onderhoofseun: Zander Pretorius