Heart Health

Vrystaat Platteland rugbyspanne – Hoërskool SPS Brandfort

Vrystaat Platteland rugbyspanne Foto: Danté Underhay (o.11), Kian le Grange (o.12), JJ Pretorius (o.11), Niël Fraser (o.12), Danru Burger (o.12) en Martin Strydom (o.12).

Hoërskool SPS Brandfort is ongelooflik trots om aan te kondig dat leerders van Hoërskool SPS Brandfort opgeneem is in die Vrystaat Platteland se o.11- én o.12-rugbyspanne! Hierdie talentvolle jong manne vertrek Donderdag, 26 Julie, na hul onderskeie toernooie, waar hulle met trots hul skool en streek gaan verteenwoordig.

Die o/11-span vertrek na Lichtenburg, terwyl die o/12-span koers kies na Klerksdorp vir hul toernooi. Hierdie spanne bestaan uit hardwerkende spelers met ’n passie vir die spel, en ons het geen twyfel dat hulle hul staal gaan wys nie.

o.11 Spelers wat gekies is vir die Vrystaat Plattelandspan is:

  • Danté Underhay
  • JJ Pretorius (o/11)

Spelers wat gekies is vir die o.12 Vrystaat Plattelandspan is:

  • Kian le Grange (o/12)
  • Niël Fraser (o/12)
  • Danru Burger (o/12)
  • Martin Strydom (o/12)

Elkeen van hierdie spelers dra hul skool se naam met eer. Trots is nie ’n sterk genoeg woord nie – julle maak Hoërskool SPS Brandfort hartsiel bly.

’n Spesiale woord van dank aan mnr. WH en mnr. Erik, wat saam met die seuns toer as afrigters – julle toewyding maak ’n reuse verskil!

Sterkte, manne! Gee alles op daardie veld en geniet elke oomblik van hierdie kosbare geleentheid.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

http://spsbrandfort.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

Prysuitdeling 2025 – Hoërskool Dr EG Jansen

Prysuitdeling 2025. Hoërskool Dr EG Jansen, Boksburg, het tydens die skool se Prysuitdeling 2025 leerders beloon met toptoekennings. Baie geluk aan al die uitmuntende leerders wat vanjaar se hoogste toekennings…

Nuwe Sporthoofde – Hoërskool Nelspruit

Nuwe Sporthoofde – Hoërskool Nelspruit spog met twee nuwe Sporthoofde vir atletiek en Hokkie. Hierdie twee dinamiese aanstellings gaan die sportprogram na nuwe hoogtes neem. Me. Anica Cilliers is aangewys…

Leave a Reply

You Missed

Prysuitdeling 2025 – Hoërskool Dr EG Jansen

Prysuitdeling 2025 – Hoërskool Dr EG Jansen

Nuwe Sporthoofde – Hoërskool Nelspruit

Nuwe Sporthoofde – Hoërskool Nelspruit

Karate-prestasie – Hoërskool Jim Fouché se Elvin Pienaar skitter

Karate-prestasie – Hoërskool Jim Fouché se Elvin Pienaar skitter

Nasionale Swemkompetisie – Primêre Skool Naudeville

Nasionale Swemkompetisie – Primêre Skool Naudeville

SANESA Cape Metro Awards – Fairmont High School delighted

SANESA Cape Metro Awards – Fairmont High School delighted

Lente Atletiekkampioenskap – Trio Primêr presteer uitstekend

Lente Atletiekkampioenskap – Trio Primêr presteer uitstekend