Vrystaat Netbalkampioenskap. Vir die 1ste keer ooit dra al vyf Hoër Meisieskool Oranje se A-netbalspanne in dieselfde jaar die kroon as provinsiale kampioen.
Almal het Saterdag in hul eindstryd van die Vrystaat-netbalkampioenskap in Odendaalsrus koning gekraai en sodoende vir die nasionale kampioenskappe gekwalifiseer. Die kampioenskappe is 16 en 17 Junie in Odendaalsrus aangebied.
Oranje se Eerste Netbalspan spelers is Karla Victor (kaptein), Mari Nortje, Marianne Louw, Minke Delport, Roline Louw, Cara Smith, Amy Frölich, Jessica Barnard, Marguerite Cronje en Marilet Blom
Die eindstryde se uitslae:
- OMS o.19A: wen 43-10 vs Eunice High School
- o.17A: wen 32-3 vs St. Anne’s Diocesan School
- o.16A: wen 18-8 vs Bethlehem Voortrekker Hoërskool
- o.15A: wen 16-10 vs Hoërskool Sentraal
- o.14A: Wen 15-5 vs Hoërskool Sentraal
Oranje se Eerstespan het in die vorige twee Vrystaatbeker finale ook as oorwinnaars geëindig.
- 2022: OMS 26 – Sentraal: 23
- 2019: OMS 22 – Sentraal: 21
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf