Vrystaat Netbal. Die o/16 A netbalspan van Hoërskool Jim Fouché van Bloemfontein,is Vrydag, 17 Junie, aangewys as o/16 Vrystaat Netbal kampioene toe hulle in die finaal geseëvier het.
Jim Fouché het met die volgende spanne afgereken:
- Hoërskool Witteberg 22 – 2
- Welkom Gimnasium 27 – 10
- Hoërskool Wilgerivier 24 – 3
- Bethlehem Voortrekker Hoërskool (semi-finaal) 24 – 9
- Hoër Meisieskool Oranje (finaal) 20 -8
Die span sal dus Hoërskool Jim Fouché verteenwoordig op 6 en 7 Augustus 2022 by die SA Top skole byeenkoms in Boksburg.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf