• About Us
  • Advertise
  • Contact Us
Mon, Aug 15, 2022
16 °c
Cape Town
15 ° Fri
17 ° Sat
15 ° Sun
13 ° Mon
Schools That Rock
No Result
View All Result
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us
No Result
View All Result
Schools that Rock
No Result
View All Result
ADVERTISEMENT
Home Gauteng

Hokkie Kapteins – Schools That Rock gesels met Larraine Esterhuizen

Larraine Esterhuizen

schoolsthatrock by schoolsthatrock
Jun 21, 2022
in Gauteng, Gauteng Schools, Gauteng Sports, Latest News, North
0
0
Hokkie Kapteins – Schools That Rock gesels met Larraine Esterhuizen

Hokkie Kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Larraine Esterhuizen. Larraine is die kaptein van Hoërskool Linden se 1ste meisies hokkiespan. Sy teken vandag die twee-en-dertigste doel aan in ons reeks oor Hokkie Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.

“Op die ouderdom van elf jaar het ek hokkie begin speel. Hokkie is een ongelooflike sportsoort wat my help om deur my dag te kom. Ek geniet dit vreeslik baie om te oefen omdat dit nog altyd deel was van my lewe. Ek het hokkie begin speel as gevolg van my suster en my vriende.

READ ALSO

FS Rugby – St Andrew’s School B-League Champions

Super 8 Tennis – Jordania algehele wenners met goud

My gunsteling professionele hokkiespeler is Yibbi Jansen. Sy is ʼn Nederlandse hokkiespeelster. Sy inspireer my om aan te hou probeer en elke wedstryd my alles te gee.

ADVERTISEMENT

Die posisie wat ek tans speel is ‘right back’, maar voorheen het ek al ‘centre link’, ‘left‘ en ‘right wing’ en ‘forward’ ook gespeel. Ek speel basies oral waar my span my nodig het. In my graad 8 jaar is ek vir die eerste keer as hokkie kaptein gekies. Ek sal sê dat die grootste taak van ‘n hokkie kaptein definitief is om te weet wanneer om as ʼn vriend op te tree en wanneer om as ʼn kaptein op te tree.

Kwaliteite

Ons span oefen normaalweg drie tot vier keer ʼn week. Ja, ek volg ook my eie oefenprogram net om fiks te bly vir die seisoen wat voorlê. Die kwaliteite waaroor ‘n goeie hokkiespeler moet beskik is om baie vinnig te wees met hulle hande en voete om die bal vinnig te kry. My sleutel tot sukses is om nie te dwaal in vorige wedstryde wat ek gespeel het nie en ook nie te dink aan die foute wat ek tydens ʼn huidige wedstryd gemaak het nie. Die belangrikste is om aan te beweeg.

My skool inspireer my elke keer wanneer ek uitstap op ʼn hokkieveld voor ʼn wedstryd. Daar is iets wonderlik aan Hoërskool Linden wat my ondersteun voordat ek ʼn wedstryd gaan speel en ook gedurende die wedstryd.

My lekkerste wedstryd was die eerste keer toe ek teen Helpmekaar Kollege gespeel het in graad 11. Dit was net anders… Die atmosfeer van die twee skole se leerders wat hulle skool kom ondersteun het. My gemoedstoestand voor die wedstryd was reg gewees en ons het net soveel energie gehad gedurende die wedstryd. Dit was tóé dat ek besef dat my spannetjie regtig potensiaal het. Ons het nie voorheen só gespeel nie.

My slegste wedstryd was sekerlik die eerste wedstryd van ons hokkie toer. Ons het voor 05:00 die oggend opgestaan, alles reg gekry en ons was 05:00 uur op die hokkieveld. Dit was nog pikdonker. Ons almal was moeg gewees en dit was yskoud. Ek het geleer uit daardie wedstryd dat ons regtig nie oggend-mense is nie.

Ek hanteer druk op die hokkieveld deur te doen wat ek moet doen. As ek ‘back’ speel in ‘n wedstryd, dan sorg ek dat ek net my rol as ‘back’ korrek doen. Ek maak seker om die bal voor uit te kry en dat die bal nie verder as myself gaan nie.

Motivering

As hokkie kaptein probeer ek my span maar motiveer deur alles saam te doen. As ons hardloop, hardloop ons saam en as ons rus, rus ons saam.

My huidige top 5 prioriteite in die lewe is oefen, gesond eet, sorg dat jy doen wat gedoen moet word, leef in die oomblik van elke dag en rus.

My raad aan hokkie-beginners, is moenie opgee nie. As jy voel jy kom nêrens nie, moenie luister na daardie gevoel nie, want glo my, jy beweeg vorentoe. Geniet net elke oomblik van hokkie. Dis lekker!

Ek probeer om gereeld na hokkie wedstryde op TV te kyk, maar die afgelope tyd kon ek nie so gereeld kyk nie. Die eksamen neem al my tyd in beslag. Ek sorg darem dat ek bietjie aan my hokkiestok vat en so aan.

Sohail Abbas

Ja, ek het al probeer om professsionele spelers na te boots. Ek het al probeer leer om te ‘dragflick’ soos Sohail Abbas, die ‘dragflick king’.

My korttermyn doelwit is om suksesvol te kan ‘dragflick’ aan die einde van die 2022 hokkie seisoen. Ek wil ook op Universiteit vir die lekkerte hokkie speel.

Daar is ‘n tyd vir werk en dan is daar in tyd vir speel… dit is hoe ek my verantwoordelikhede by hokkie saam met sosiale en akademiese verantwoordelikhede hanteer.

Ek sal sê my grootste enkele hoogtepunt die afgelope vyf jaar was toe ek Johannesburg toe getrek het in 2022. Dit was die grootse verandering in my lewe en dit was die beste besluit wat ek nog ooit gemaak het in my lewe.

Ja, ek het ander belangstellings buiten hokkie. Ek lees graag boeke, ek teken ook en oefen bietjie my kreatiewe kant deur te ‘scrapbook’.

Ek dink my spanmaats en afrigter sal my beskryf as ‘n lekker mens en hopelik ‘n goeie hokkiespeler.

Bekwaamhede

Die bekwaamhede waaroor ek as ‘n goeie hokkiespeler beskik, is dat ek ‘n bal baie hard en akkuraat kan slaan en ek vergeet van my foute in ‘n hokkiewedstryd en beweeg aan.

Ja, ek het al voorstelle gemaak wat goed gewerk het. Ek het al voorgestel dat ons ‘n paar verskuiwings maak van posisies. Dis hoe ek ‘back’ begin speel het.

My rolmodel na wie ek opsien, is ons huidige afrigter, Jahntwa Kruger. Sy speel vir UJ se eerstespan en sy is ongelooflik in wat sy doen en wat sy al bereik het.

Wat my opgewonde in die lewe maak, is die feit dat jy altyd kan verbeter in die lewe as jy wil. Jy leer altyd en heeltyd. Dit maak my beslis die meeste opgewonde in die lewe.

Die professionele hokkiespeler met wie ek graag wil koffie drink, is Yibbi Jansen. Sy is ook ‘n rolmodel van my.

Ek sal myself in een woord beskryf as understanding.“

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://linden.co.za/

Foto verskaf

Tags: HockeySchoolsschools that rockSports

Related Posts

FS Rugby - St Andrew's School B-League Champions
Freestate

FS Rugby – St Andrew’s School B-League Champions

Aug 14, 2022
Super 8 Tennis - Jordania algehele wenners met goud
Freestate

Super 8 Tennis – Jordania algehele wenners met goud

Aug 13, 2022
Football - St Charles College represent at PMB Schools
Kwazulu Natal

Football – St Charles College represent at PMB Schools

Aug 13, 2022
Netbal SA's - Feite oor Oranje Meisieskool O.18 span
Freestate

Netbal SA’s – Feite oor Oranje Meisieskool O.18 span

Aug 12, 2022
Noordvaal Hokkie Uitspele - Erries spanne vaar indrukwekkend
Latest News

Noordvaal Hokkie Uitspele – Erries spanne vaar indrukwekkend

Aug 12, 2022
Ramme getoets - Augsburg matrieks toets ramme vir vrugbaarheid
Latest News

Ramme getoets – Augsburg matrieks toets ramme vir vrugbaarheid

Aug 12, 2022
Next Post
Vrystaat Netbal - "Doel"gerigte Netbal by Hoërskool Jim Fouché

Vrystaat Netbal - "Doel"gerigte Netbal by Hoërskool Jim Fouché 

Please login to join discussion

POPULAR NEWS

Northern Cape High School learners rewarded

Northern Cape High School learners rewarded

May 31, 2021
Happy Mothersday

What is a Mother?

May 14, 2017
PAUL ROOS RESULTS

Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch – krieketuitslae

Jan 30, 2018
HOOFSEUNENHOOFDOGTER

Hoofseun en -Dogter Laerskool Mooirivier

Oct 11, 2017

Carmin Coetzer, oud-Uppie, vertoon nuwe kort film

Jul 26, 2016

Get daily news updates to your inbox!

Subscribe to our mailing list to receives daily updates direct to your inbox!



ADVERTISEMENT

EDITOR'S PICK

FS Rugby - St Andrew's School B-League Champions

FS Rugby – St Andrew’s School B-League Champions

Aug 14, 2022
Super 8 Tennis - Jordania algehele wenners met goud

Super 8 Tennis – Jordania algehele wenners met goud

Aug 13, 2022
Football - St Charles College represent at PMB Schools

Football – St Charles College represent at PMB Schools

Aug 13, 2022
Netbal SA's - Feite oor Oranje Meisieskool O.18 span

Netbal SA’s – Feite oor Oranje Meisieskool O.18 span

Aug 12, 2022

Follow us

About

Schools That Rock is a young company, we are looking forward to a very bright future in serving the schools and learners of South Africa.

Quick Links

  • About Us
  • Advertise
  • Contact Us

Recent Posts

  • FS Rugby – St Andrew’s School B-League Champions
  • Super 8 Tennis – Jordania algehele wenners met goud
  • Football – St Charles College represent at PMB Schools
  • Netbal SA’s – Feite oor Oranje Meisieskool O.18 span
  • Noordvaal Hokkie Uitspele – Erries spanne vaar indrukwekkend

Newsletter

Get daily news updates to your inbox!

Subscribe to our mailing list to receives daily updates direct to your inbox!



  • Advertise
  • Contact Us
  • Terms & Conditions
  • Privacy Policy

© 2022 Schools that Rock - Developed by Volt Africa.

No Result
View All Result
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us

© 2022 Schools that Rock - Developed by Volt Africa.

Welcome Back!

OR

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
This website uses cookies. By continuing to use this website you are giving consent to cookies being used. Visit our Privacy and Cookie Policy.