Vrystaat-mini Tennistoernooi. Bethlehem Voortrekker Hoërskool Tennis het die naweek van 10 September ‘n baie suksesvolle massa-deelname Vrystaat-mini Tennistoernooi aangebied. Negentien tennisspelers het aan die toernooi in Bethlehem deelgeneem.
Die uitslae is as volg:
Themba Sitole wen silwer in die seuns dubbelsspel 0/16
Anke Heyns eindig derde in die meisies enkelsspel o/16 en wen ook goud in die meisies dubbelsspel 0/16
Mianca van Niekerk en Annieka van Rooyen wen goud met dubbels in die GD 18 Gold afdeling
JC Azar wen die silwer medalje in die seuns o/16 enkelsspel
Baie geluk aan al hierdie spelers!
Trekkertrots!
Lees meer oor BVHS: