Vrystaat Gimnastiekkompetisie. Ansje Bekker, leerder van Hoërskool Jim Fouché, het 17 Augustus aan die Vrystaat gimnastiekkompetisie deelgeneem.
Ansje het as volg presteer:
- Eerste plek op die vloer, balk, brug en spronge.
- Algeheel eerste vir vlak 7, artisties 14+ jaar.
Sy sal gedurende die skoolvakansie aan die SA-gymnastics games in Kaapstad deelneem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









