Vrystaat Atletiek. Foto: Jumarie Matthews, Clerise Smith, Rumé Burger, Nécke Verster, Chani Britz, Lilly Burger
Indien jou pa ‘n goeie rugbyspeler was, is die kanse goed dat jy in atletiek sal uitblink. Dit is ook die geval met ses atlete van Oranje Meisieskool in Bloemfontein wat in die Vrystaat Atletiekspan ingesluit is.
- Clerise Smith se pa, Juan, was ‘n Springbok en die 1ste Bok-losvoorspeler om ‘n driekuns aan drieë (2007) aan te teken.
- Lilly en Rumé Burger se pa, Philip, was ‘n sewes-Bok en die Curriebeker se top-driedrukker in 2006. Hul oupa, Thys Burger, was ook ‘n Springbok rugbyspeler.
- Chani Britz se pa, Lodie, was ‘n junior Springbok (o.21) en haar oom, Gerrie Germinhuys, ‘n Springbok.
- Nécke Verster se oupa, Basie Verster, het vir die SA Gaselle-span (o.24) asook die Vrystaat Rugbyspan uitgedraf.
- Jumarie Matthews se oupa, Fanus Blom, het op sy dag Griekwas as vleuel verteenwoordig.
Meer interessante nuus oor rugby:
Juan, Philip en Lodie het in 2002 een wedstryd saam vir die Cheetahs teen die Pumas gespeel. Lodie is later na die Blou Bulle en Griekwas.
Clerise se pa en Chani se oom Gerrie was saam in 2 toetse (2005-2006) in die Bok-span.
Chani se ander oom, Riaan, is soos haar pa vir die Springbokke op junior vlak (o.20) gekies. Nóg ‘n oom van haar, Barend, het ook die Vrystaatse seniors gehaal.
Nécke se oupa se grootoom was Boetie McHardy – die eerste Springbok om ‘n driekuns aan drieë (in 1912) te behaal.
Nécke se groot-oom, Harold, het ook vir die Vrystaat rugby gespeel.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









