Vryburg Voorbereidingskool het sedert Maandag donasies ingeneem om te skenk aan die droogtehulp projek.
Die ouers en leerders het mooi gereageer op ons versoek en het Vrydag, dit wat sover ingeneem is, oorhandig aan dié wat dit sal neem tot in plekke waar dit só nodig is.
Die Voorbereidingskool is ongelooflik trots op ons leerders en ouers wat so graag ook wil help waar hulle kan!