
Voortrekkers. Twee Graad 12 leerders van Sekondêre Meisieskool Oranje, Zan-Mari van Rooyen en Megan Roux, het pas die gesogte Nasionale Presidentsverkennertoekenning van Die Voortrekkers verwerf. Dit is die hoogste eerbewys wat ’n Voortrekker kan ontvang.
Die Presidentsverkennertoekenning is ’n vrywillige en deurlopende proses wat oor die hele Verkennerloopbaan strek. Dit sluit met die Presidentsverkenner Afrondingskamp af waarna die toekenning verwerf word. Met hierdie proses is die Presidentsverkennertoekenning vir elke Verkenner in Graad 12 beskore, mits daar aan die minimum vereistes voldoen word. Elke Presidentsverkennertoekenning is self in beheer van die suksesvolle afhandeling van die proses. Die Presidentsverkennertoekenning word op nasionale vlak deur die hoofdagbestuur toegeken.
Om daarvoor te kwalifiseer moes hulle aan ’n rits vereistes voldoen het, waaronder die slaag van die Nasionale Presidentsverkenner teoretiese eksamen. Hierin het Zan-Mari die beste in die land gevaar!

Meer skolenuus: https://www.schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor