Voortrekkers beloon. Die Voortrekkersvan Hoërskool Fichardtpark het Maandag, 8 November, hul prysuitdeling gehou. Tydens die geleentheid is nuwe lede ingelyf en ingesout.
Daar was ook toekennings vir jare diens uitgedeel, asook kentekens wat Verkenners deur die jaar verwerf het. Spesiale dank is aan mnr Myburgh gegee vir die skool se ondersteuning. ‘n Spesiale toekenning is ook aan oom James Havinga oorhandig vir 35 jaar diens in die Voortrekkers.
Die nuwe bestuur is ook die jaar verkies. Die nuwe bestuurslede is: Janel Havinga (Bemarking), Anne Ferreira (Finansies), Dawie Crause (Veldkornet), Jaco Erwee (Administrasie), Willie Engelbrecht (Kommandoleier) en Susan van Staden (Skoolskakel).
Lees meer oor Fichies: