Talent Africa Danskompetisie. Leané Rossouw is ‘n graad 10 leerder van Hoërskool Hennenman. Sy het Vrystaat tydens die nasionale rondte van die Talent Africa Danskompetisie verteenwoordig. Tydens dié Talent Africa Danskompetisie verower sy drie goue-, een silwer- en een brons medalje.
Leané kwalifiseer ook vir die Stars of the Universe International finals. Sy sal in Desember daaraan deelneem.
Hoërskool Hennenman is baie trots op haar!
Meer oor Hoërskool Hennenman: https://schoolsthatrock.co.za