Voortrekker Tennis. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se tennis het op ‘n hoogtepunt afgesluit. Die eerste seuns- en dogterspanne het die naweek na Natal getoer en teen verskeie prestige tennisskole in die Durban/Pinetown omgewing gespeel.
BVHS se seuns speel teen Kearsney College en Westville Boys. Die dogters speel teen Durban Girls College en St Mary’s. Beide spanne speel ook teen ‘n uitnodigingspan van Curro Hillcrest, waar hulle vir die eerste keer geleentheid kry om op ‘n klei-tennisbaan te speel. BVHS se dogterspan bly nog steeds onoorwonne met ‘n skouspel van topklas tennis.
Alhoewel die seunspan se naweek moeiliker begin het, het hulle uitslae deurlopend verbeter, tot en met ‘n wen-wedstryd teen Curro se uitnodigingspan. Hulle het ook geleentheid gehad om te speel by die skouspelagtig- en wêreldbekende Cowie Hill tennisklub.
Gelukkig was daar ook tyd vir ontspanning en kon almal hulle voete natmaak in die see.
Dankie aan al ons spelers en personeel, vir harde werk in 2021 en baie om op trots te wees.
Lees meer oor BHVS: