)

T20 Krieket – BVHS wys hul staal in krieket

T20 Krieket. Die eerste krieketspan van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die afgelope naweek kragte gemeet teen Hoërskool Sentraal en Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein in die T20 Krieket.

In Vrydag se T20 Krieket wedstryd teen Sentraal, het Matthew Maritz (64 lopies) en Antonio Cavaleiro (61 nie uit nie) gesorg dat Voortrekker ‘n goeie telling op die bord sit. Die boulers het elkeen hul kant gebring en verhoed dat Sentraal naby die wenteiken kom. Wean Claasen (1/5) het skitterend geboul met die nuwe bal.

Voortrekker wen met 108 lopies.

Saterdag het Fichardtpark die loot gewen. Hulle besluit om eerste te kolf en ‘n kompeterende 240/9 aangeteken in hul toegelate 50 boulbeurte. Izander Maree (3/35) en Antonio Cavaleiro (2/33) was die uitblinkers met die bal.

BVHS het Fichies se telling in die 43ste boulbeurt verbygesteek, danksy goeie bydraes met die kolf deur Matthew Maritz (78 nie uit nie), Presley Lesoro (58) en Juan Theunissen (31).

Voortrekker wen hierdie T20 Krieket wedstryd met 4 paaltjies.

Krieket 1ste enkel: Voor vlnr: Antonio Cavaleiro, Presley Lesoro Agter vlnr: Izander Maree, Wean Claasen, Juan Theunissen
Foto o/15A span: Voor vlnr: JD van Dyk, Christiaan van der Sandt, Joël Coetzee, Juhin Muller, Craig Mann Agter vlnr: Wian Fourie, Rian Roos, Frederik Fourie, Ryno Hattingh, Cecil Parsons, Handré Fourie
Foto: Krieket o/15 enkel: Vlnr: Wian Fourie, Craig Mann, Rian Roos, Joël Coetzee

Trekkertrots!

Foto’s verskaf

Lees meer oor Bethlehem Voortrekker Hoërskool:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal