Toutrek. Die toutrekspan van Hoërskool Strand is baie aktief en fluks aan die werk. By die Wes-Kaap Kampioenskap van 16 Oktober op Robertson het die volgende Arende mooi prestasies behaal:
Francois Uys behaal in die mans 560kg-afdeling ‘n brons medalje.
Brendan van Rooyen het in die mans 560kg-afdeling ‘n goue medalje verower. In die mans 600kg-afdeling behaal hy ook ‘n goud. In die mans 640kg-afdeling ‘n silwer en in die gemengde 560kg-afdeling ‘n brons. Brendan is voorwaar ‘n staatmaker om in jou span te hê.
Durand van Deventer het in die gemengde 560kg o/23-afdeling en ook in die mans 680kg brons medaljes verower. Durandt behaal ook ‘n silwer medalje in die mans 640kg-afdeling.
Melizza van der Merwe verower in die dogters 500kg-afdeling vir toutrek ‘n brons. In die 500kg o/23 behaal sy goud. Sy wen in die gemengde 580kg-afdeling goud. Melizza behaal ook brons in die gemengde o/23 560kg toutrek en by die dames ‘n 540kg goud.
Marconette Els het in die dames 500kg ‘n brons medalje behaal. In die o/23 gemengde 560k–afdeling ‘n brons. Marconette verower in die gemengde 580kg-groep ‘n silwer medalje en in die dames 540-afdeling ‘n goud.
Blaze Bosch het in die mans o/23-afdeling 600kg goud behaal. Vir die gemengde 680kg behaal hy silwer. In die mans 640kg ‘n silwer en in die gemengde o/23 560kg-afdeling verower hy brons medaljes.
Baie geluk.
Arende is baie trots op julle!!!
Lees mer oor Hoërskool Strand:
Foto’s verskaf