Voortrekker Limodo Tennistoernooi. Hoër Meisieskool Oranje se Tennis A-span het Saterdag die Voortrekker Limodo-tennistoernooi in Bethlehem gewen.
OMS se spanne was tot dusver vanjaar in elke toernooi aan die wenkant.
Die jong wenspan, bestaande uit Savanah Olivier, Sunica Labuscagnie, Iné Vorster en Mia Schimper is onderskeidelik in graad 8, graad 9, graad 10 en graad 11.
Uitslae behaal:
- OMS A-span wen Hoërskool Witteberg 48-5
- Wen Bethlehem Voortrekker Hoërskool II met 48-2
- Wen Hoërskool Cradock 48-16
- Wen Hoërskool Linden 37-33
- Wen Affies 4-0 in die halfeind
- Wen Hoërskool Linden 4-2 in die eindstryd
Oranje se B-span het sewende en die C-span agtste geëindig by die Tennistoernooi. Die D-span het in die B-afdeling sesde uit sestien spanne geëindig.
Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








