JF Spoed Toernooi. Hoërskool Fichardtpark se netbal, hokkie, krieket en rugbyspanne het teen Hoërskool Jim Fouché se spanne meegeding tydens die JF Spoed Toernooi.
Fast5 Netbal
Fichies se o.15 en o.17 Fast 5 netbal spanne het deurgedring na die finaal en het 2de geëindig.
7’s Rugby
Fichardtpark se 0.17 sewes-rugbyspan het deurgedring na die finaal waar hulle met 24 – 39 vasgeval het teen Grey Kollege. Fichies se O/15 span het as die plaatfinaal wenners uit die stryd getree nadat hulle met JF 19-10 afgereken het.
Fast 5 Dogtershokkie
Fichies se o.16 dogters hokkiespan is gekroon as die algehele wenners.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf