Betrekking beskikbaar vir ‘n Voltydse Musiekonderwyser by Afrikaanse Hoër Meisieskool, AHMP, Pretoria.(Beheerliggaam-pos)
Onderrig van Vakmusiek Gr10-12, hulp met Skeppende Kuns – Musiek. Aanbied van praktiese lesse en/of klavierbegeleiding. Hulp met alle musiekaangeleenthede van die skool. Bereidwilligheid om administratiewe take van die skool te verrig, bv. voogwerk. Buitemuurse verantwoordelikhede
Kwalifikasies:
BMus-graad met toepaslike onderwyskwalifikasie.
Ondervinding in CAPS is ‘n vereiste.
Klavier as instrument sal voorkeur geniet.
Stuur asseblief u CV na die adjunkhoof, mev Heyns voor 25 Mei 2018: dheyns@ahmp.co.za